Nee, die minimum ouderdom is 16 jaar. U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet
Read more...Category: Wills, Trusts and Estates
Wills, Trusts and Estates
Kan ‘n persoon wat nie kan lees of skryf nie ‘n testament verly?
Ja, met ‘n kruis of ‘n duimafdruk en die nakoming van sekere verdere formaliteitsvereistes. Die testament moet onder ander voor ‘n kommissaris van ede geteken word wat ook ‘n sekere sertifikaat moet aanbring. Volker Krüger U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet
Read more...Die oorledene was binne gemeenskap van goedere getroud met sy eggenote. Hy kom te sterwe. Val haar halwe aandeel van die gemeenskaplike boedel ook in die bestorwe boedel?
Ja. Die langslewende sal egter weer die helfte van die boedel terug ontvang ingevolge die huwelik binne gemeenskap van goedere terwyl die ander helfte van die oorledene volgens sy testament, alternatiewelik intestaat sal vererf. Een voordeel van ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere is dus dat die boedel van die langslewende nie deel van die bestorwe boedel is nie. […]
Read more...Wat is die voorgeskrewe eksekuteursvergoeding vir die bereddering van ‘n bestorwe boedel?
3.5% van die bruto waarde van ‘n boedel. Volker Krüger U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet
Read more...Die oorledene bepaal in sy testament dat sy mediese dokter die masjiene moet afskakel sodat hy te sterwe kan kom waar hy breindood is en slegs deur die masjiene aan die lewe gehou word. Is sodanige bepaling geldig?
Ja. Dit word ‘n lewende testament genoem. In ons reg is aktiewe genadedood onregmatig, maar nie passiewe genadedood nie. Die oorlede se testament maak dus die besluit vir die mediese dokter en die familie om passiewe genadedood toe te pas makliker. Dit kan uiteraard baie trauma en mediese kostes verhoed. Mense, wat lewende testament teken, glo dus dat dit […]
Read more...Kan ek my plaas aan my seun bemaak op die voorwaarde dat dit daarna na my kleinseun gaan?
Die oorledene wil baie graag hê dat die plaas, wat hy van sy pa geërf het, in die familie bly. Hy skryf dus in sy testament voor dat die plaas na sy enigste seun moet vererf, daarna sy oudste kleinseun en daarna na die oudste agterkleinseun. Is sodanige voorskrif geldig? Ja. Dit word ‘n fideicommissum genoem. ‘n Erflater kan egter slegs […]
Read more...Is kapitaalwinsbelasting by die afsterwe van die eienaar van kapitale bates betaalbaar?
Ja as algemene reël. Die koers op natuurlike persone van toepassing, naamlik 40%, geld. Verder geld dit ook (soos in die geval waar kapitale bates van die hand gesit word) slegs ten opsigte van die kapitale wins sedert 1 Oktober 2001 gemaak. Kapitaalwinsbelasting geld verder nie ten opsigte van sekere bates wat vrygestel word nie, soos die oorledene se […]
Read more...Teen watter koers word boedelbelasting op bestorwe boedels gehef?
20% word gehef op die netto waarde van die boedel (bates minus laste) na aftrekking van die primêre korting en na sekere vrystellings in ag geneem is. So byvoorbeeld is alles, wat die langslewende gade erf, ingevolge artikel 4(q) van die Boedelbelastingwet vrygestel is van boedelbelasting. Die primêre korting is gewoonlik R3.5m. Dit kan egter tot R7m wees waar […]
Read more...Die oorledene skryf in sy testament voor dat sy seun sy erfporsie sou verbeur as hy ‘n persoon sou trou wat nie die Joodse geloof volg nie. Is hierdie voorwaarde geldig?
Die oorledene skryf in sy testament voor dat sy seun sy erfporsie sou verbeur as hy ‘n persoon sou trou wat nie die Joodse geloof volg nie. Is hierdie voorwaarde geldig? In die saak van Aronson v Estate Hart het die hof in 1950 beslis dat so ‘n bepaling inderdaad geldig en afdwingbaar is. Dit mag wees dat die Konstitusionele […]
Read more...Is ‘n testamentêre voorwaarde dat ’n erfgenaam nie weer mag trou nie geldig?
“I herby direct that the residue of all my estate shall be given to Albert George de Weyer for himself absolutely on condition that he remains unmarried after my death. In the event of his marriage as aforesaid he will only be entitled to all the movable assets of my estate and then in that event the balance of all assets […]
Read more...