Wie behoort ek as trustees van my minderjarige kinders se trust te benoem?

< Back
You are here:
Print

Die trustees is die persone wat die trust bates moet bestuur en belê en tot voordeel van die begunstigdes in die trustaktes aangewys moet aanwend.  Dit is uiteraard belangrik om iemand te kies wat vertrou kan word. Kundigheid met betrekking tot bate bestuur is ’n voordeel, maar nie noodsaaklik nie aangesien die trustees nog steeds deskundige hulp en advies kan inwin om hulle taak te verrig.

Die trustees kan, maar hoef nie dieselfde persone te wees as die voogde nie.

Broers, susters, ouers, vriende of onafhanklike persone soos prokureurs, ouditeure en finansiële adviseurs word dus dikwels as trustees aangewys.

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF