Wanneer moet ek my testament hersien?

< Back
You are here:
Print

Baie mense het nie ‘n testament nie of vergeet om hulle testament gereeld te hersien. Dit kan baie kopsere vir die familie en erfgename veroorsaak. Die volgende gebeure noodsaak normaalweg die hersiening van ‘n persoon se testament, naamlik huweliksluiting, die geboorte van ‘n kind, die afsterwe van ‘n erfgenaam, ‘n egskeiding of die afsterwe van ‘n ander persoon in die testament genoem, soos die eksekuteur, ‘n voog of ‘n trustee.

Waar spesifieke bates aan spesifieke erfgename nagelaat word sal die testament ook hersien moet word waar van die bates verkoop word of ander bates aangekoop word wat ook in die testament genoem moet word. As gevolg daarvan is dit dus makliker om om maar die erfgename in gelyke dele of in persentasies te bevoordeel. Die potensiële rusie tussen kinders of ander erfgename oor die verdeling van bates kan verder verhoed word deur ’n onafhanklike persoon te benoem as eksekuteur. Ook kan daar ‘n klousule in die testament ingevoeg word waarvolgens die erfgename, wat in gelyke dele erf, roerende bates op ‘n rotasiebasis kies.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF