Kan jou erfporsie verdeel word onder jou skuldeisers?

< Back
You are here:
Print

Die oorledene kom op 84 jarige ouderdom tot sterwe en laat in sy testament sy hele boedel na aan sy enigste seun Tom. Die seun is egter insolvent nadat die besigheid, wat hy begin het en waarin hy al sy geld ingesit het, skeef geloop het. Hy kan nie meer sy skuldeisers betaal nie. Die skuldeisers het hom gedagvaar en is besig om al sy bates in eksekusie te verkoop. Sal die skuldeisers ook op sy erfporsie kan beslag lê?

Ja. Gevolglik beveel ons aan dat daar ‘n klousule in die testament ingevoeg word ingevolge waarvan ‘n erfgenaam gediskwalifiseer word as hy op datum van afsterwe van die oorledene insolvent sou wees sodat die erfporsie eerder aan ‘n diskresionêre trust oorgedra word. Die betrokke begunstigde sal dan een van die begunstigdes van die trust wees.

Dit is dus ‘n wettige manier om die erfporsie weg te hou van skuldeisers van die erfgenaam.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF