Teen watter koers word boedelbelasting op bestorwe boedels gehef?

< Back
You are here:
Print

20% word gehef op die netto waarde van die boedel (bates minus laste) na aftrekking van die primêre korting en na sekere vrystellings in ag geneem is. So byvoorbeeld is alles, wat die langslewende gade erf, ingevolge artikel 4(q) van die Boedelbelastingwet vrygestel is van boedelbelasting.

Die primêre korting is gewoonlik R3.5m. Dit kan egter tot R7m wees waar ‘n langslewende gade tot sterwe. Na afsterwe van die langslewende gade word die deel van die primêre korting, wat nie in die eersterwende gade se boedel gebruik is nie, bygetel by die R3.5m-primêre korting in die langslewende se boedel. Waar die langslewende gade dus tot sterwe kom en alles by die eersterwende geërf het, is die primêre korting R7m.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF