In ‘n gesamentlike testament benoem die testateur en testatrise die langslewende as eksekuteur. Albei het nog nooit bestorwe boedels beredder nie en het geen regsagtergrond nie. Is die bepaling geldig?

< Back
You are here:
Print

Ja. Die langslewnde sou dan normaalweg die hulp van ‘n prokureur, ouditeur of trustmaatskappy inroep om te help met die bereddering van die boedel. Die eksekuteur kan dan ook onderhandel oor die vergoeding vir die bereddering van die boedel wat laer kan wees as die voorgeskrewe eksekuteursvergoeding van 3,5% van die bruto waarde van die boedel.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF