Q & A Testaments with Volker Krüger

< Back
You are here:
Print

Wat is ‘n lewende testament?

Dit word oor die algemeen aanvaar dat ‘n pasiënt die reg het om behandeling te weier selfs al kan sodanige weiering beserings of dood veroorsaak.

‘n Lewende testament kan gedefinieer word as ‘n opdrag van ‘n persoon tot die effek dat behandeling, wat hom aan die lewe sou hou, gestaak moet word waar die persoon aan ‘n ongeneeslike siekte of besering sou ly sodat die persoon ‘n natuurlike dood kan sterf. Met ander woorde sodra die persoon as gevolg van die siekte of besering nie meer self in staat is om vir ‘n dokter ‘n opdrag te gee nie, word die lewende testament relevant.

Dit maak die besluit vir die familie en die dokter makliker om die masjiene, wat die pasiënt aan die lewe hou, af te skakel waar dié breindood is en daar geen hoop hoegenaamd is nie dat hy of sy sal herstel. Dit kan natuurlik ‘n klomp trauma en mediese kostes verhoed.

Die lewende testament gaan dus oor passiewe genadedood.

Dit is beter om ‘n lewende testament as ‘n afsonderlike dokument te teken apart van die gewone testament sodat die lewende testament vir die dokter en die familie gegee kan word.

Die lewende testament kan ook vir orgaanskenking voorsiening maak.

Ek is binne gemeenskap van goedere getroud. Val die langslewende gade se bates ook in die bestorwe boedel?

Ja.  Waar gades binne gemeenskap van goedere getroud is is daar slegs een gemeenskaplike boedel waarin al die bates val.  Wanneer een van die twee gades dus te sterwe kom sal alle bates en laste deel van die bestorwe boedel vorm en met die beredderingsproses hanteer moet word.

Een van die voordele van ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere is juis dat so ‘n gevolg daardeur voorkom word.

Met behoorlike beplanning behoort die langslewende gade egter nie bekommerd te wees oor die beskikbaarheid van fondse nie, bv. in terme van bankrekenings wat gevries word.

Moet ek ‘n afsonderlike testament vir buitelandse bates verly?

Dit is na ons mening uit ‘n praktiese oogpunt beter, ja. Daar behoort verkieslik ‘n testament te wees vir elke land waarin u bates hou. Elke testament moet dan spesifiek bepaal dat hy slegs vir die betrokke land se bates geld. As u dan tot sterwe kom, kan die testament in elk land gebruik word om dit daar aan te meld en te beredder.

Can I appoint replacing trustees for my family trust in my will?

It depends on the provisions of the trust deed. The trust deed will often stipulate that the founder can in his will nominate a replacing trustee for himself. If there is not such a clause in the trust deed such a nomination in a will will not be legally enforceable. The family and trustees might, however, still decide to honour the wishes.

How can estate duty be saved?

In terms of the Estate Duty Act No 45 of 1955 estate duty of 20% is payable on the net value of a deceased estate, with the primary deduction being R3 500 000 – from 1/03/2007.

As a result of inflation more and more people have to pay estate duty. It is therefore worthwhile to consider the following ways to reduce estate duty:

  • Donation of a usufructuary interest to a spouse or another family member who is younger than yourself.
  • The use of your will – bequests to a surviving spouse for example do not attract estate duty.
  • The use of trusts to ensure that the increase in value of growth assets falls out of the estate.
  • The use of a private company to achieve the same results by issuing preferent shares to yourself at the value of the underlying assets of the company at a specific time.
  • Donations to your spouse, which currently do not attract donations tax.
  • Donations to heirs during your lifetime – donations up to a certain amount per year prescribed by the Minister can be made tax free.

My son runs a very risky business. How can I ensure that his inheritance does not fall into his insolvent estate should he be insolvent on date of my death?

Every will should actually cater for an insolvency trust. The clause should stipulate that an heir is disqualified as heir should he / she be insolvent on date of death so that the inheritance is then transferred to an insolvency trust with instructions to the trustees to use the inheritance for the heir as soon as he / she has been rehabilitated. It is therefore a legal manner to ensure that an inheritance does not fall into an insolvent estate and is distributed among creditors.

We are expecting our first child. Can we provide for him / her in our will?

Yes.  A will can provide for a certain child that on the date of signing thereof is still to be born and can also refer to further children to be born in future.

Kan kontanterfporsies aan minderjarige erfgename uitbetaal word?

Feitestel:

In ‘n gesamentlike testament benoem die testateur en testatrise hulle twee kinders, wat nog albei minderjarig is, as enigste erfgename in gelyke dele. Hulle kom gelyktydig te sterwe en laat onder andere ‘n bankrekening met ‘n kredietsaldo van R110 000.00 na. Kan hierdie geld aan die kinders uitbetaal word as deel van hulle erfporsie?

Antwoord:

Nee. Enige kontantgeld wat uit ‘n bestorwe boedel aan ‘n minderjarige kind vererf, moet aan die Voogdyfonds van die Meester oorbetaal word. Die voog van die kind moet dan elke slag, wanneer fondse benodig word om die kind te onderhou, aansoek doen vir uitbetaling van geld vir hierdie doeleindes. Wanneer die kind dan meerderjarig is (18 jaar) moet daar  aansoek gedoen word vir die uitbetaling van die totale bedrag gestort tesame met rente daarop verdien.

Om hierdie rompslomp te voorkom beveel ons aan dat daar in die testament voorsiening gemaak word vir ‘n trust vir minderjarige kinders. In die trustakte sal trustees, wat deur die erflater vertrou word, benoem word. Daardie trustees kan dan die erfporsie van die minderjarige bestuur en tot die voordeel van die kind kan aanwend tot op ‘n datum in die trustakte bepaal, gewoonlik wanneer die kind 25 jaar of 30 jaar oud word.

Wanneer lei onbehoorlike beïnvloeding tot die ongeldigheid van ’n testamente?

Die maak van ʼn testament moet die vrye uitoefening van die testateur of testatrise se wil daarstel. Indien die testament na aanleiding van dwang of bedrog verly is, kan dit tot ongeldigheid daarvan aanleiding gee.

In die saak van Katz and Another v Katz and Others [2004] 4 All SA 545 (C) is daar byvoorbeeld beweer dat die testateur onbehoorlik deur sy tweede vrou beïnvloed is. Die Hof beklemtoon egter dat ʼn blote bewering dat van die feite teenwoordig is onvoldoende is: daar moet voldoende bewyse wees van onbehoorlike beïnvloeding. Ook wys die regter uit dat die hoeveelheid druk, wat uitgeoefen word, van geval tot geval kan verskil. Volgens die Hof is die feit dat die testateur vir ʼn geruime tyd na die verlyding van die testament die geleentheid gehad het om die testament te herroep sonder om dit te doen ʼn belangrike aanduiding is dat daar nie onbehoorlike beïnvloeding was nie.

Die testament is dus as geldig en afdwingbaar beskou.

In nog ʼn saak, naamlik Spies NO v Smith en Andere 1957 (1) SA 539 (A) wys die Hof ook uit dat “flattery, professions of extraordinary love or respect, meek tolerance of continual humiliation, direct requests or unusual affection” nie noodwendig voldoende is om onbehoorlike beïnvloeding daar te stel nie. ʼn Element van dwang of bedrog word vereis. In die Spies-saak was die vraag of ʼn verstandelik gestremde persoon onbehoorlik deur sy oom beïnvloed is. Die oom was ook sy kurator bonis. Die oorledene se testament het bepaal dat die oom se kinders sou erf.

Die kernvraag volgens die Hof is of die optrede van so ‘n aard was dat die verlyding van die testament nie ʼn uitoefening van die testateur se vrye wil daargestel het nie, maar eerder neergekom het op die uiting van iemand anders se wil. In die opsig is die testateur se geestesongesteldheid, sy vermoë om beïnvloeding te weerstaan en die verhouding tussen al die relevante persone alles faktore wat in ag geneem moet word. Die blote bestaan van ʼn besondere verhouding beteken egter nie dat daar ʼn vermoede bestaan dat die testateur se wil met iemand anders s’n vervang is nie.

Ook in daardie saak was die aanval op die geldigheid van die testament dus onsuksesvol gewees.

Dit is uit hierdie twee sake duidelik dat dit nie so maklik is om die geldigheid van ʼn testament op grond van onbehoorlike beïnvloeding te betwis nie. Bloot omringende omstandighede wat agterdog wek is klaarblyklik onvoldoende. Daar moet inderdaad duidelike bewyse wees dat die testateur of testatrise tot so ʼn mate beïnvloed is dat dit sonder twyfel gesê kan word dat hy of sy as gevolg van dwang of bedrog ʼn testament verly het wat eintlik iemand anders se bedoelings weerspieël.

 

Volker Krüger

 

 

 

 

 

 

image_pdfSave as PDF
Previous Can I rule from the grave in my will?
Next Is a partner in a same sex relationship still entitled to benefit from the intestate testate of his/her deceased partner?
Table of Contents