Kan ‘n gade intestaat erf indien ‘n egskeidingsaksie aanhangig gemaak is?

< Back
You are here:
Print

Die oorledene was in die proses om van sy vrou, met wie hy 43 jaar lank getroud was, te skei. Die partye bereik ‘n skikking ten opsigte van die egskeiding en die aangeleentheid word ter rolle geplaas ten einde die skikkingsooreenkoms ‘n bevel van die hof te maak en die egskeiding te bekragtig. Drie dae voor die hofdatum kom die oorledene tot sterwe. Die oorledene het nie ‘n testament gehad nie. Kan die vrou erf?

Ja, ‘n hangende egskeidingsgeding het geen invloed op die langslewende se reg om te erf nie.

As die oorledene, byvoorbeeld die man, wel ‘n testament gehad het, is die volgende beginsels verder meer relevant. Sodra die oorledene geskei is, sal die testament, indien hy een het, vir ‘n tydperk van drie maande uitgelê word op die veronderstelling dat hy sy voormalige vrou wil onterf; dit wil sê sy gaan nie erf nie al staan sy nog in die testament as erfgenaam. Na die drie maande sal sy egter wel weer kan erf as hy nie sy testament verander het om haar te onterf nie.

Persone, wat skei, het dus in effek drie maande vanaf die egskeidingsdatum om ‘n nuwe testament te teken.

Uiteraard hoef ‘n mens nie te wag vir die egskeiding of afgehandel te word voordat ‘n nuwe testament geteken word. ‘n Nuwe testament kan dadelik verly word sodra ‘n egskeidingsproses begin word of voor dit as jy sou besluit om jou gade uit jou testament te skrap.

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF