Is kapitaalwinsbelasting by die afsterwe van die eienaar van kapitale bates betaalbaar?

< Back
You are here:
Print

Ja as algemene reël. Die koers op natuurlike persone van toepassing, naamlik 40%, geld.

Verder geld dit ook (soos in die geval waar kapitale bates van die hand gesit word) slegs ten opsigte van die kapitale wins sedert 1 Oktober 2001 gemaak.

Kapitaalwinsbelasting geld verder nie ten opsigte van sekere bates wat vrygestel word nie, soos die oorledene se primêre woning (tot ‘n sekere bedrag), persoonlike gebruiksbates, klein besighede en alles wat die langslewende gade erf.

Die 40% word by die oorledene se ander inkomste vir die belastingjaar gevoeg sodat hy daarop ook inkomstebelasting betaal. Verder word die jaarlikse korting verhoog.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF