Kan ek my plaas aan my seun bemaak op die voorwaarde dat dit daarna na my kleinseun gaan?

< Back
You are here:
Print

Die oorledene wil baie graag hê dat die plaas, wat hy van sy pa geërf het, in die familie bly. Hy skryf dus in sy testament voor dat die plaas na sy enigste seun moet vererf, daarna sy oudste kleinseun en daarna na die oudste agterkleinseun. Is sodanige voorskrif geldig?

Ja. Dit word ‘n fideicommissum genoem. ‘n Erflater kan egter slegs twee geslagte aan so ‘n voorwaarde bind, soos in hierdie voorbeeld. Verder maak die Wet op die Opheffing of Wysiging van Beperkinge op Onroerende Goed, 1965 ook voorsiening vir ‘n hofaansoek vir die skrapping van so ‘n voorwaarde indien die waarde van die onroerende eiendom byvoorbeeld drasties verhoog het. Waar die oorledene se seun dus byvoorbeeld olie op die plaas ontdek, sal hy waarskynlik met so ‘n aansoek kan slaag.

Ons advies is dat ‘n erflater twee keer dink voordat hy ‘n fideicommissum skep. Al gaan so ‘n voorwaarde sekerlik met goeie bedoelings gepaard, kan dit baie kopsere vir die erfgename skep. Die beter benadering is na ons mening om nie uit die graf te regeer nie. Laat dit eerder aan die erfgename oor om te besluit wat hulle met die plaas gaan doen!

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF