My seun het ‘n baie riskante besigheid en ondervind tans finansiële probleme. Hoe kan ek seker maak dat sy erfporsie nie in sy insolvente boedel val indien hy op datum van my afsterwe insolvent sou wees?

< Back
You are here:
Print

Elke testament behoort eintlik vir ‘n sogenaamde insolvensietrust voorsiening te maak. Die klousule behoort te bepaal dat wanneer ‘n erfgenaam op datum van dood insolvent sou wees, word hy of sy gediskwalifiseer as erfgenaam sodat die erfporsie dan na ‘n trust oorgedra word met die opdrag aan die trustees dat dit na die erfgenaam moet gaan sodra hy of sy weer gerehabiliteer is. Dit is dus ‘n wettige manier om seker te maak dat die erfporsie nie in die insolvente boedel val nie en onder skuldeisers verdeel word nie.

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF