Kan ek ‘n persoon anders as die natuurlike vader as voog in my testament benoem?

< Back
You are here:
Print

Feitestel:

Die oorledene was op datum van haar afsterwe geskei gewees en die twee kinders gebore uit haar huwelik het by haar gebly nadat beheer en toesig oor die kinders aan haar toegeken is in ‘n egskeidingshofbevel.
Sy verly ‘n testament waarin sy haar broer tot uitsluiting van die natuurlike vader as voog benoem. Is sodanige bepaling geldig?

Nee. Die natuurlike vader sal nog steeds voogdyskap hou ten spyte van so ‘n bepaling in die testament. Slegs die langslewende voog (waar daar twee voogde is) kan in die testament ‘n plaasvervanger benoem.

Waar dit wel anders sou werk, is waar die natuurlike vader formeel afstand van sy voogdyskap sou gedoen het. In so ‘n geval sou die moeder wel haar broer as voog kon benoem.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF