Hoe in my testament gemaak met my kinders uit my eerste huwelik?

< Back
You are here:
Print

Hoe kan ek vir my kinders laat erf maar ook vir my gade sorg. Die erflater se bekommernis in so ʼn geval is normaalweg dat die langslewende gade nie behoorlik na sy of haar kinders sal omsien nie en hulle ook nie as erfgename in sy of haar testament sal benoem nie.

Ten einde hierdie probleem aan te spreek is daar ongelukkig nie ʼn eenvoudige oplossing nie. Verskeie opsies kan oorweeg word.

Een is om maar die langslewende te vertrou en te aanvaar dat sy of hy op grond van ʼn morele plig wel vir die kinders sal sorg en vir hulle in ʼn testament voorsiening sal maak. Die langslewende kan dan as enigste erfgenaam aangewys word. Dit bied egter nie altyd gerusstelling vir die boedelbeplanner nie. 

ʼn Verdere opsie sou wees om die helfte van jou boedel aan die kinders te bemaak in gelyke dele en die ander helfte aan die langslewende. Nog ʼn opsie sou wees om die boedel aan die kinders te bemaak onderhewig aan ʼn vruggebruik ten gunste van die langslewende. Alternatiewelik kan alles ook aan ʼn trust bemaak word waarvan die langslewende en die kinders gesamentlike begunstigdes is en waarvoor dan ook ʼn onafhanklike buitestander as trustee benoem word.

Elkeen van hierdie alternatiewe kan egter kopsere veroorsaak en dit is dus belangrik dat daar in dié verband behoorlike beplanning gedoen moet word om die mees geskikste een te kies.

Die voordeel van die verdeling van die boedel tussen die gade en die kinders sonder om vir ʼn trust of ʼn vruggebruik voorsiening te maak is dat dit ʼn skoon breuk kan daarstel sodat die kinders en die langslewende gade uit mekaar se hare kan bly.  Die verdeling van die bates is egter nie altyd so eenvoudig nie. Erflaters het ook dikwels die behoefte om nie te veel vir die vrou te gee nie.  Hulle wil maar net sorg dat sy behoorlik vir die res van haar lewe versorg is. Andersins wil hulle  hê dat  die kinders moet erf. As dit die behoefte is, is ʼn trust dan beter aangesien die trustees kan seker maak dat die fondse slegs aan die langslewende beskikbaar gestel word soos wat sy dit nodig sou hê.  Die kinders kry dan dit wat oorbly na haar afsterwe. In so geval is dit egter baie belangrik om die regte trustees vir die trust aan te wys wat die nodige kundigheid en ondervinding het om die moeilike situasies, wat kan ontstaan, te hanteer. 

Kry maar eerder goeie regsadvies!

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF