Wat is ‘n lewende testament?

< Back
You are here:
Print

Dit word oor die algemeen aanvaar dat ‘n pasiënt die reg het om behandeling te weier selfs al kan sodanige weiering beserings of dood veroorsaak.

‘n Lewende testament kan gedefinieer word as ‘n opdrag van ‘n persoon tot die effek dat behandeling, wat hom aan die lewe sou hou, gestaak moet word waar die persoon aan ‘n ongeneeslike siekte of besering sou ly sodat die persoon ‘n natuurlike dood kan sterf. Met ander woorde sodra die persoon as gevolg van die siekte of besering nie meer self in staat is om vir ‘n dokter ‘n opdrag te gee nie, word die lewende testament relevant.

Dit maak die besluit vir die familie en die dokter makliker om die masjiene, wat die pasiënt aan die lewe hou, af te skakel waar dié breindood is en daar geen hoop hoegenaamd is nie dat hy of sy sal herstel. Dit kan natuurlik ‘n klomp trauma en mediese kostes verhoed.

Die lewende testament gaan dus oor passiewe genadedood.

Dit is beter om ‘n lewende testament as ‘n afsonderlike dokument te teken apart van die gewone testament sodat die lewende testament vir die dokter en die familie gegee kan word.

Die lewende testament kan ook vir orgaanskenking voorsiening maak.

Volker Krüger

image_pdfSave as PDF