Kan ek voorskrifte oor my vrou se leefwyse na my afsterwe in my testament maak?

< Back
You are here:
Print

‘n Testateur het sekere voordele aan sy vrou en dogter bemaak onderworpe
aan die volgende voorwaardes in klousule 8 van sy testament:

“a) Dat die vrou nie ‘n leefwyse sou volg wat beskou kon word as ‘n leefwyse in ontug nie.

b) Dat sy vrou nie sal toelaat dat “enige vreemde persoon of persone saam met haar woon nie, behalwe as sodanige persoon of persone beskou kan word as ‘n blote besoeker …. En in sodanige geval sal die betrokke persoon ‘n maksimum tydperk van een week per jaar toegelaat word om by haar te bly. Manlike persone sal hoegenaamd nie as ‘n besoeker aanvaar word nie, behalwe in die geval waar hulle deur hulle eggenotes vergesel word.”

c) Dat sy vrou en dogter nie na sy dood neerhalende opmerkings aangaande hom mag uiter of skryf nie.”

Is al hierdie voorwaardes geldig en afdwingbaar?

Hierdie bepaling is in die saak van Ex parte Dessels in 1976 oorweeg. Die hof het onderskei tussen voorwaarde (a), (b) en ( c) en bevind dat (a) wel geldig en afdwingbaar is, maar dat (b) en c) te vaag en verwarrend en derhalwe ongeldig is.

Dit is belangrik om daarop te let dat die beslissing gevel is voordat die ons Grondwet in werking getree het. As sulke bepalings weer voor ’n hof sou land, sou die saak waarskynlik in die Konstitusionele Hof eindig. Dié hof sou op grond van die Grondwet dalk tot ander gevolgtrekkings kom.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF