Kan kontanterfporsies aan minderjarige erfgename uitbetaal word?

< Back
You are here:
Print

Feitestel:

In ‘n gesamentlike testament benoem die testateur en testatrise hulle twee kinders, wat nog albei minderjarig is, as enigste erfgename in gelyke dele. Hulle kom gelyktydig te sterwe en laat onder andere ‘n bankrekening met ‘n kredietsaldo van R110 000.00 na. Kan hierdie geld aan die kinders uitbetaal word as deel van hulle erfporsie?

Antwoord:

Nee. Enige kontantgeld wat uit ‘n bestorwe boedel aan ‘n minderjarige kind vererf, moet aan die Voogdyfonds van die Meester oorbetaal word. Die voog van die kind moet dan elke slag, wanneer fondse benodig word om die kind te onderhou, aansoek doen vir uitbetaling van geld vir hierdie doeleindes. Wanneer die kind dan meerderjarig is (18 jaar) moet daar  aansoek gedoen word vir die uitbetaling van die totale bedrag gestort tesame met rente daarop verdien.

Om hierdie rompslomp te voorkom beveel ons aan dat daar in die testament voorsiening gemaak word vir ‘n trust vir minderjarige kinders. In die trustakte sal trustees, wat deur die erflater vertrou word, benoem word. Daardie trustees kan dan die erfporsie van die minderjarige bestuur en tot die voordeel van die kind kan aanwend tot op ‘n datum in die trustakte bepaal, gewoonlik wanneer die kind 25 jaar of 30 jaar oud word.

 

Volker Krüger

image_pdfSave as PDF