Kan ‘n minderjarige kind ‘n testament verly?

< Back
You are here:
Print

Volgens die Wet op Testamente kan ‘n persoon wat 16 jaar oud of ouer is ‘n testament teken.  ‘n Persoon onder die ouderdom van 16 kan dus nie ‘n testament verly nie. Die verbod is absoluut. Selfs al word die persoon deur sy/haar voog bygestaan, is dit derhalwe nog steeds nie ‘n geldige testament nie.

Sou ‘n persoon onder 16 jaar oud dus te sterwe kom, is die Wet op Intestate Erfopvolging van toepassing.  Waar die persoon byvoorbeeld ongetroud is en albei sy of haar ouers lewe nog, sal die ouers in gelyke dele erf. Indien een van die ouers vooroorlede sou wees, sou die vooroorlede ouers se helfte aandeel na die broers en susters van die oorledene gaan.

Vir getuies van ‘n testament is die ouderdom terloops jonger. ‘n Persoon kan vanaf veertienjarige ouderdom ‘n testament as getuie teken.

Volker Krüger
U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF