Betaal ‘n lewenspolis uit waar die oorledene dronk bestuur het en in ‘n motorongeluk gesterf het?

< Back
You are here:
Print

Die oorledene het ‘n vrou en vyf kinders. Hy kuier die aand tot laat in Klerksdorp by die 19de gatjie na ‘n gholfdag waarheen hy uitgenooi was. Na vyf biere en drie whiskeys met soda ry hy die aand 11 uur huis toe na Rustenburg. 10 Kilometer voor Ventersdorp raak hy aan die slaap, ry van die pad af en sy kar begin rol. Hy is op slag dood as gevolg van die ongeluk. Hy het ‘n lewenspolis by ‘n bekende versekeringsmaatskappy met ‘n potensiële uitbetaling van R4,5m. Sal die versekeringsmaatskappy die R4,5m aan die vrou en kinders, wie hy as begunstigdes genomineer het, uitbetaal?

Dit hang af van die bepalings van die betrokke poliskontrak van die versekeringsmaatskappy. Normaalweg sal die poliskontrak egter wel aanspreeklikheid in so ’n geval uitsluit. Nog ‘n rede om nie te drink en te bestuur nie!

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF