Ek bemaak my plaas aan my seun in my testament. Wat word van die bemaking as ek intussen die plaas verkoop en tot sterwe kom sonder om die testament te wysig?

< Back
You are here:
  • KB Home
  • Wills, Trusts and Estates
  • Ek bemaak my plaas aan my seun in my testament. Wat word van die bemaking as ek intussen die plaas verkoop en tot sterwe kom sonder om die testament te wysig?
Print

Die beginsels van adempsie is van toepassing. Daarvolgens verval die bemaking en sal die opbrengs van die verkoping van die plaas deel vorm van die restant van die boedel. Dit is dus ‘n vorm van stilswyende herroeping van die bemaking.

‘n Uitsondering op hierdie beginsel sou wees as dit uit die testament blyk of selfs ook uit ekstrinsieke getuienis dat die testateur nog steeds bedoel het om die erfgenaam spesifiek te bevoordeel. In so ‘n geval sal die erfgenaam geregtig wees op die opbrengs van die verkoping van die bate.

Dit is dus belangrik om gereeld jou testament te hersien veral waar die testament spesifieke bemakings bevat. Waar daar net een erfgenaam is of erfgename in gelyke dele erf of in sekere persentasies, sal die verkoping van ‘n bate natuurlik nie ‘n probleem skep nie. Vir iemand, wat nie gereeld sy testament wil hersien nie, is dit dus in die opsig ‘n veiliger opsie.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF
Previous Wanneer moet ek my testament hersien?
Next Can a minor child execute a will?
Table of Contents