Wie behoort ek as eksekuteur van my boedel te benoem?

< Back
You are here:
Print

Een opsie is om ‘n familielid soos die langslewende gade, as eksekuteur te benoem.  ‘n Ander is om ‘n buitestander soos ‘n prokureur, ouditeur of ‘n trust maatskappy van ‘n bank aan te stel en ‘n laaste opsie ‘n familielid en ‘n buitestander.

Die voordeel daarvan om ‘n familielid te benoem is dat daardie familielid dan oor ‘n eksekuteursfooi kan onderhandel met wie ook al sy of hy gebruik om dan die boedel te beredder.  Die voordeel van ‘n buitestander is weer dat jy iemand kan aanwys wat jy weet die nodige kundigheid en ondervinding het om die boedel vinnig en effektief te beredder.  ‘n Buitestander kan ook, veral waar daar meerdere erfgename is en dispute tussen hulle ontstaan, waarde toevoeg deur as onafhanklike persoon die  dispute te bestuur en op te los.

Wat ‘n prokureur aanbetref is dit belangrik om te verstaan dat hy of sy baie meer persoonlike aandag aan die beredderingsproses sal gee – veral waar die oorledene en die familie hom of haar ken en ook vir ander regsdienste gebruik.  In teenstelling daarmee is die erfgename by ‘n boedel, wat deur ‘n trustmaatskappy van ‘n bank beredder word, dikwels net ‘n nommer wat tot ongelukkigheid aanleiding kan gee.

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF