Ek is buite gemeenskap van goedere met die aanwas bedeling getroud. Hoe beïnvloed die aanwasbedeling die opstel van my testament?

< Back
You are here:
Print

Boedelbeplanners, wat buite gemeenskap van goedere met die aanwas-bedeling getroud is, moet onthou dat die aanwas-eis eers toegepas en uitbetaal moet word voordat die res aan die erfgename vererf.  Waar ’n erflater dus byvoorbeeld wil hê dat sy langslewende gade aan die eenkant en sy kinders aan die anderkant elk 50% van sy boedel kry, is dit nodig dat die aanwas-eis in berekening gebring moet word.

Volgens die formule in die Wet op Huweliksgoedere voorgeskryf is die gade, wie se aanwas gedurende die huwelik kleiner was, geregtig op die helfte van die verskil in die aanwas van die twee boedels. Waar die man dus altyd gewerk het en die vrou die huishouding hanteer het en na die kinders omgesien het verteenwoordig so ’n aanwas-eis dikwels ’n aansienlike deel van die man se boedel.  Dit besef ’n boedelbeplanner dikwels nie en kan dit dus daartoe aanleiding gee dat die langslewende gade heelwat meer kry as wat die bedoeling was.

Volker Krüger

image_pdfSave as PDF