Watter dokumente en inligting het ek nodig om ‘n bestorwe boedel aan te meld? Watter dokumente moet ek saam met my testament bêre?

< Back
You are here:
Print

Hier volg ‘n lys wat jy kan gebruik om al die dokument en inligting te bêre wat nodig is om ‘n bestorwe boedel aan te meld. Dit gaan die lewe baie makliker maak vir jou geliefdes na jou afsterwe. Jy kan die lys ook gebruik om al die dokumente en inligting bymekaar te maak vir die eerste konsultasie met die prokureur wat jou met die bereddering van jou geliefde se boedel gaan help. Jy kan uiteraard ignoreer wat nie van toepassing is nie.

  1. Identiteitsdokument;
  2. Huweliksertifikaat;
  3. Titelaktes van onroerende eiendomme;
  4. Sertifikate in verband met tyddeel;
  5. Bankrekeningnommers;
  6. Belangrike kontrakte soos huurkontrakte, finansieringskontrakte, poliskontrakte, koop- en verkoopooreenkomste en vennootskapsooreenkomste;
  7. Aandeelsertifikate, effektetruststate en ander beleggings;
  8. Inter vivos trustaktes en aanstellingsbriewe;
  9. Vuurwapenlisensies;
  10. Finansiële state;
  11. Motorvoertuigregistrasiesertifikate;
  12. Bewys van enige skuld aan u verskuldig;
  13. Besonderhede van korttermynversekering en/of besonderhede van u makelaar;
  14. Ontvangserkennings vir items wat vir veilige bewaring by banke gehou word;
  15. Egskeidingsbevel en -skikkingsooreenkoms.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltooi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF