Wat is die proses om te volg met die aanmeld van onderhoudsklagtes?

< Back
You are here:
Print

Wanneer jy ‘n onderhoudklag op die voorgeskrewe wyse aanmeld moet die volgende ook verskaf word:

      • Afskrifte wat gewaarmerk is vir die bewys van identiteit ten opsigte van jouself en ook ten opsigte van enige kinders betrokke by die aangeleentheid.
      • Bank besonderhede.
      • Bewys van inkomste en uitgawes ten opsigte van jouself en, indien vir kindersorg aansoek gedoen word, uitgawes aangegaan en kostes ten opsigte van sodanige kind.
      • Bewys van heenkome.
      • Inligting met betrekking tot die identifikasie van, adres van en finansiële posisie van die persoon van wie jy onderhoud verlang, indien beskikbaar. 

Sodanige informasie sal deur die onderhoudbeampte gebruik word vir ondersoek doeleindes. Nadat jy ‘n onderhoudklag op die voorgeskrewe wyse aanmeld, en al die voorgeskrewe dokumentasie soos versoek aan die onderhoudbeampte verskaf het ter stawing van die eis, sal ‘n onderhoud lEer geopen word vir hierdie aangeleentheid.

Stappe na die klagte aangemeld is:

Die onderhoudbeampte mag dit nodig ag vir ‘n vergadering met al die betrokke partye, wat gehou sal word in sy kantoor op ‘n spesifieke tyd en datum. So ‘n vergadering is ondersoekend gerig en dien ook as ‘n knelpunt, skikkings geleentheid vir die partye.

Ten einde bywoning te verseker sal hy of sy opdrag gee aan die klerk van die onderhoudhof om aanwysings, tesame met instruksies om sodanige vergadering op ‘n vasgestelde datum , tyd en plek by te woon, aan die partye uit te reik – Isley vs. Letchobo SA 2010 (S Gauteng).

 Indien al die partye opdaag soos aangewys sal die ondersoek voortgaan, maar indien beide partye afwesig is, na behoorlike bediening van die aanwysings deur ‘n beampte van die hof, kan die ondersoek van die rol verwyder word.

Die onderhoudgeval sal afgehandel word tydens sodanige vergadering indien’n ooreenkoms bereik word ten opsigte van al die knelpunte en ‘n skikkingsbevel deur beide die partye onderteken word. Indien besondere knelpunte steeds bestaan kan sodanige vergadering uitgestel word tot ‘n latere datum vir verdere ondersoek doeleindes. 

Die onderhoudbeampte kan ook hier tydens besluit dat hy of sy oor genoegsame inligting beskik ten einde ‘n datum aan te wys vir ‘n formele onderhoudondersoek. ‘n Mondelingse waarskuwing gemaak deur die landdros, of subpoenas, sal uitgereik word aan die partye om bywoning van die formele onderhoudondersoek te verseker (artikel 9(2)).

Artikel 6 gee spesifiek opdrag aan die onderhoudbeampte om klagtes wat op die voorgeskrewe wyse aangemeld is, te ondersoek. Die onderhoudbeampte mag ‘n verklarings afneem van enigeen wat oor betreklike inligting beskik ten opsigte van die betrokke aangeleentheid en mag getuienis insamel ten opsigte van enige rakende aspek. Die onderhoudbeampte kan onderhoudbeamptes van ander distrikte en onderhoudondersoekers versoek om hom of haar by te staan in sodanige ondersoeke.

Die onderhoudbeampte mag ook vra dat ‘n persoon wie waarskynlik oor inligting beskik, aangesê word om voor ‘n landdros te verskyn vir ondervraging. Die onderhoudbeampte mag hierdie persoon onder kruisverhoor neem om te verseker dat sy kennis ten opsigte van sodanige inligting omvattend blootgelê? word (Artikel 8).

Die landdros voorsittend by ‘n besondere onderhoudgeval deel die verantwoordelikheid om getuienis voor die hof te plaas – Mgumane v Setemane (Appèl). Die landdros mag enige teenwoordige persoon by ‘n onderhoudondersoek ondervra en mag enige persoon wat reeds getuig het terug roep en weer ondervra (Artikel 10 (1)). Die partye in ‘n onderhoudondersoek, die onderhoudbeampte en die landdros deel die verantwoordelikheid om getuienis in te samel, selfs wanneer die partye verteenwoordig is – Buch v Buch 1967 (3) SA 83 (TPD).

Die onderhoudbeampte het verrykende prosesregtelike waarskuwingsregte en mag enige persoon met toepaslike inligting versoek om in ‘n onderhoudondersoek te getuig (Artikel 7 en 9). Die onderhoudbeampte mag ook versoek dat boeke, dokumente en state toepaslik tot ‘n aangeleentheid by die betrokke ondersoek ingehandig word en dat getuienis daaromtrent afgelê word (Artikel 7).

Die landdros mag versoek dat enige persoon teenwoordig by die ondersoek, prosesregtelik gewaarsku of nie, getuienis aflê tydens sodanige ondersoek (Artikel 10). ‘n Party in ‘n ondersoek ter weerlegging van ‘n eis om onderhoud, mag ook versoek dat getuies namens hom of haar getuig.

 

image_pdfSave as PDF