Hoe word die bedrag onderhoud betaalbaar bepaal?

< Back
You are here:
Print

Die gemeenregtelike sorgsaamheid plig veronderstel sodanige sorg as wat redeliker gewys die persoon wat versorg moet word, toeval (artikel 15 (2)). Die benadering van ons regstelsel bepaal dat elke onderhoudgeval op eie meriete beoordeel word. 

Die hof sal ‘n bedrag vasstel wat hy regverdigbaar bevind in die besondere omstandighede van daardie besondere geval (artikel 15(3)(b)). Faktore soos die onderlinge vermoëns van die partye gesamentlik verantwoordelik om te onderhou en die bedrag redeliker gewys benodig vir die versorging van ‘n persoon vir sy of haar behoorlike bestaan vermoë en ontwikkeling, word in ag geneem (artikel 15(2) en 15(3)(a)). Ander belanghebbende faktore is die sosiale peil van die partye en die lewenstyl gehandhaaf en waarop geregtig, deur sodanige persoon wat versorg staan te word , in bestaande omstandighede – Prophet v Prophet 1948 (4) SA 325 (OFS).

Ten einde ‘n regverdige beslissing te kan vel moet die hof ten volle op hoogte gestel word met betrekking tot die inkomste en uitgawes van alle belanghebbende partye en die koste verbonde , ten opsigte van die persoon wat sorg benodig – Herfst v Herfst 1964 (4)127 (WLD). Die bepaling van sodanige redelike behoefte is eerder n kwessie van intelligente beredenering as omvattende berekening – Cullen v Haupt 1988 (4) SA 39. 

Jy mag eis vir voldoende vergoeding van redelike uitgawes belanghebbend tot jou besondere omstandighede (artikel 15 (3) (b)). 

Voorbeelde van wat geëis mag word, indien wel belanghebbend tot ‘n besondere geval:

      • Voorsiening vir kos, klere, mediese sorg en opvoeding (artikel 15 (2)),

      • Vakansies en universiteit fooie – Prophet v Prophet (supra),

      • Verlos kostes en onderhouduitgawes aangegaan sedert die geboorte van die kind tot en met datum van die ondersoek, tesame met rente (artikel 16 (1) (a) (ii)),

      • Agterstallige onderhoud (artikel 40),

      • Naskoolse aktiwiteite en voorsiening van ander herhaaldelike uitgawes – Schmidt v Schmidt 1996 (4) SA 211 (WLD).

image_pdfSave as PDF