Watter remedies het ek vir agterstallige onderhoud?

< Back
You are here:
Print

Indien enige onderhoudbevel gemaak ingevolge hierdie wet onvoldoende bly vir ‘n periode van tien dae vanaf datum van betaling van die betrokke bedrag, of datum waarop enige sodanige bevel gemaak was, mag die persoon in wie se guns sodanige bevel gemaak was aansoek doen vir:

‘n beslagleggingsbevel ingevolge artikel 27 (1) uitgereik teen die roerende en / of onroerende eiendom van die persoon wat regtens verplig is om sodanige onderhoud te betaal, of

‘n besoldigingbevel ingevolge artikel 28, synde ‘n bevel wat sy of haar werkgewer verplig om die agterstallige namens die persoon teen wie sodanige bevel toegestaan was, te betaal, of

Aanhegting van skuld ingevolge artikel 30, wat enige persoon beveel, wie met ‘n verpligting belas is om ‘n skuld te vereffen teenoor die persoon teen wie die bevel toegestaan was, om sodanige betaling te maak aan die persoon in wie se guns die onderhoud bevel toegestaan is.

Enige bevel ten opsigte van bovermelde remedies mag insluit die betaling van rente en die koste verbonde aan die uitleggingsbevel.

Die persoon in wie se guns die onderhoudbevel gemaak was het ook andersins die keuse om die agterstallige onderhoud deur middel van kriminele vervolging te eis. In uitoefening van die roete keuse om krimineel te vervolg , mag die hof ‘n bevel toestaan vir die betaling van agterstallige onderhoud, tesame met die rente daarop. So ‘n bevel kan toegestaan word tesame met enige ander straf wat die hof mag oplê ten opsigte van die beskuldigde se versuim ingevolge artikel 31. So ‘n bevel, ingevolge artikel 40, sal die effek hê van ‘n siviele vonnis.

Wanneer ‘n bevel ooreenkomstig artikel 40 vir die betaling van agterstallige onderhoud toegestaan word, mag die hof enige pensioen, annuïteit of soortgelyke voordeel wat die party wat oortree toekom, op beslag lê (Artikel 40 (4)).

Wanneer die keuse tussen kriminele of siviel regtelike remedies vir die betaling van agterstallige onderhoud uitgeoefen word , behoort die persoon in wie se guns die onderhoudbevel toegestaan was die volgende in ag te neem:

Kriminele vervolging mag tot gevolg h? dat die party wat oortree gevangenisstraf opgelê word wat sy of haar vermoë sal inperk om te kan sorg gedurende sodanige periode van gevangenisstraf.

Die party wat oortree mag ontslaan word as die saak teen hom of haar nie bo redelike twyfel bewys is nie.

Dit is nie ongehoord vir die oortreder om te versuim om die hof by te woon nie – wat ‘n vertraging van die saak mag veroorsaak.

Die saak mag uitgestel word vir verskeie redes.

Die kriminele saak mag verwys word na die siviele hof vir ‘n finansiële ondersoek wat tot gevolg mag h? dat die onderhoudbevel verminder word.

Dit is duidelik dat die kriminele roete baie stadig kan wees. Die siviele vervolging roete behels nie ‘n hofsaak nie. ‘n Kriminele saak moet eers gefinaliseer word alvorens agterstallige bedrae ingevorder kan word vanaf die party wat oortree.

Bevele ingevolge die siviel regtelike roete (by wyse van ‘n beslagleggingsbevel, besoldiging bevel, of ‘n aanhegting van skuld ) het die effek van n siviele vonnis en dit versnel die invordering van enige agterstallige bedrae. Bykomend tot agterstallige betalings kan rente ook geëis word. Rente kan geëis word tydens uitoefening van beide die keuses van siviel – of kriminele vervolging. Die rentekoers plafon word by wyse van wetgewing en regulasies voorgeskryf.

image_pdfSave as PDF