In watter hof word onderhoudsaansoeke aangehoor?

< Back
You are here:
Print

Enige persoon wat onderhoud benodig vanaf ‘n ander persoon, wat regtens verplig is om hom of haar te onderhou of wie verplig is om iemand te onderhou wat in sy of haar sorg is, kan ‘n hof nader om sodanige versorgingsplig af te dwing. Dit word gedoen deur middel van die indiening van ‘n onderhoudsklagte. 

Onderhoud klagtes ten opsigte van Hooggeregshof bevele gemaak, kan aanhangig gemaak word by die hof wat die bevel gemaak het óf by ‘n onderhoudhof. 

Onderhoud klagtes ten opsigte van plaaslike egskeidings bevele en onderhoudhof bevele moet by ‘n onderhoudhof met jurisdiksie om die saak aan te hoor, aangemeld word. Elke distrikshof is ook ‘n onderhoudhof, binne sy jurisdiksie gebied (Artikel 3). 

‘n Onderhoudhof het jurisdiksie om onderhoud klagtes te beredder van persone woonagtig binne die distrik van die hof. Dit veronderstel dat jy jou klagte moet indien by die distrikshof in die gebied waarin jy woonagtig is en die saak daar laat bewillig. 

Klagtes ten opsigte van nuwe aansoeke of ten opsigte van bestaande bevele kan by die klerk van die onderhoudhof of by die onderhoudbeampte, werksaam by daardie hof, gemaak word. 

Jy kan ‘n klagte aanmeld wanneer:

      • Jy onderhoud benodig vanaf iemand regtens verplig om ‘n kind te onderhou wat in jou sorg is of bystand benodig as gevolg van sy of haar versuim om te sorg (artikel 6(1)(a)), of

      • Goeie rede bestaan vir die wysiging of opheffing van ‘n bestaande bevel (artikel 6(1)(b)).

 

image_pdfSave as PDF