Egskeidingsbevele, onderhoudsbevele en boedelbeplanning

< Back
You are here:
Print

Situasie:

Jan is geskei van sy eerste vrou en ingevolge die egskeidingsbevel moet hy onderhoud betaal ten opsigte van hulle drie minderjarige kinders. Hy trou weer en bou ‘n baie suksesvolle besigheid met sy tweede vrou op.

Die onderhoudseis sal ‘n eis teen sy boedel wees wanneer hy te sterwe kom. Hoe kan hy hierdie probleem aanspreek en sorg dat sy tweede vrou die besigheid kan erf vry van die onderhoudseis?

Advies:

As hulle bereid is om die premies te betaal, kan daar lewensversekering voldoende om die onderhoudseis te dek op sy naam uitgeneem word en dan verder bepaal word dat die opbrengs na ‘n trust toe moet gaan, wat opgerig word ten einde aan die onderhoudsbevel gehoor te gee. Die tweede vrou kan dan ook die begunstigde wees van die trust nadat die onderhoudsplig volgens die onderhoudsbevel verval het.

Sodoende kan die tweede vrou die sekerheid hê dat sy die besigheid vry van die onderhoudseis sal ontvang. Indien hulle nie bereid is om die premies te betaal nie of waar Jan nie versekerbaar sou wees nie, sal die tweede vrou waarskynlik maar net moet aanvaar dat sy dan die bedrag sal moet inbetaal om die onderhoudseis te dek ten einde ‘n verkoping van die besigheid te vermy. As sy nie die fondse het nie, kan sy natuurlik ook nou al begin spaar of op daardie stadium na die afsterwe aansoek doen vir ‘n lening om dit te finansier.

image_pdfSave as PDF