Wie is die redelike man?

< Back
You are here:
Print

Baie van u het waarskynlik al gehoor hoe regsgeleerdes van die redelike man praat.

Wie is dit?
Waar woon hy?
Hoe oud is hy?
Wat doen hy vir ‘n lewe?
Dit is die vrae wat soms oor hierdie geheimsinnige persoon gevra word. Die redelike man bestaan natuurlik nie werklik nie, maar is ‘n fiktiewe persoon wat reeds in die Romeins-Hollandse reg (hy is die diligens paterfamilias genoem) gebruik as ‘n toets ten einde te bepaal of ‘n sekere handeling deur ‘n dader nalatig was of nie.

Twee vra moet naamlik gevra word:

· Sou die redelike man in die posisie van die dader die skade voorsien het?
· Sou die redelike man in die posisie van die dader die skade voorkom het?
Hierdie toets word vandag nog in ons reg gebruik as ‘n maatstaf vir alle deliktuele eise. Die bekendste deliktuele eis is waarskynlik waar benadeeldes by motorbotsings delikuele eise instel op grond van die nalatige bestuur van ‘n ander voertuig vir blikskade en persoonlike beserings. In so ‘n geval moet daar ook elke keer gevra word of die redelike man in die skoene van die bestuurder op dieselfde wyse opgetree en gereageer sou het.

So byvoorbeeld het die howe al in verskeie hofsake bevind dat die redelike man nie bloot op grond van die feit dat daar ‘n groen lig wys vir die verkeer in sy baan sal aanvaar dat dit veilig is om die kruising binne te ry nie.

Die redelike man sal bo en behalwe om ag te slaan op die robotte ook nog uitkyk hou vir bestuurders wat die rooilig vir die ander bane verontagsaam. Die beslissings was dan dat die bestuurder wat die groenlig gehad het tot soveel as 30% bydraend nalatig is.

Wat presies verwag ons Reg van die redelike man. Die volgende aanhalings uit ‘n paar beslissings gee vir ons ‘n goeie aanduiding:

· “One knows that the reasonable man generally expects and is entitled to expect reasonableness rather than unreasonableness, legality rather than illegality, from others.

· The reasonable man certainly does not in general regard himself as obliged to take steps to guard against recklessness or the gross negligence of others.

· We know that the reasonable man is not a timorous faintheart, always in trepidation lest he or others suffer some injury; on the contrary, he ventures out into the world, engages in affairs and takes reasonable chances. He takes reasonable precautions to protect his person and property and expects others to do likewise.

· The reasonable man generally minds his own business. He does not in general regard it as his duty to behave as the good Samaritan or to be his brother’s keeper.”

Die redelike man is dus nog superman nog cat man, maar net ‘n gewone, oplettende, bedagsame landsburger.

image_pdfSave as PDF