Wat gebeur as die koper of verkoper voor registrasie van die oordrag tot sterwe kom?

< Back
You are here:
Print

Wat is die posisie waar die koper of die verkoper na ondertekening van die koopkontrak maar voordat die oordrag van die eiendom in die akteskantoor geregistreer is tot sterwe kom?

Die basiese beginsel is dat al die regte en verpligtinge van die oorledene in die bestorwe boedel val.  Dit sluit in die reg om oordrag van ‘n eiendom of betaling van ‘n koopprys te eis asook die plig om oordrag van ‘n eiendom te gee of ‘n koopprys te betaal.  Die koopkontrak bly dus in beginsel afdwingbaar na afsterwe.

Ongelukkig moet daar egter eers ‘n eksekuteur aangestel word, wie dan namens die boedel oordrag kan gee, alternatiewelik oordrag kan neem.  Dit sal dus ongelukkig die transaksie vertraag.

image_pdfSave as PDF