Wanneer kan die verkoper die kontrak kanselleer waar die koper versuim om die koopprys te betaal?

< Back
You are here:
Print

Dit hang af van die bepalings van die koopkontrak. Normaalweg sal die koopkontrak voorsiening maak vir ‘n aanmaning wat eers deur die verkoper op die koper beteken moet word, byvoorbeeld waarin hy sewe (7) dae gegee word om te presteer, waarna die verkoper dan met ‘n verdere kansellasiekennisgewing die kontrak kan kanselleer. Dit is belangrik om te verstaan dat die verkoper in so ‘n geval nie dadelik eensydiglik die kontrak kan beëindig, maar eers die proses moet volg wat in die kontrak voorgeskryf is.  Soms bepaal die kontrak inderdaad dat die verkoper dadelik kan kanselleer, in welke geval hy nie eers ‘n aanmaning hoef te doen nie.

Die ooreenkoms sal verdermeer normaalweg voorsiening maak vir ‘n skadevergoedingseis deur die verkoper vir die verliese wat hy gely het as gevolg van die koper se kontrakbreuk. In die verband moet enige voordele wat die verkoper na aanleiding van die kontrakbreuk verkry, soos byvoorbeeld die verkoop van die eiendom aan ‘n ander koper vir dieselfde of ‘n hoër koopprys, egter in verrekening gebring word. Dikwels sal die verkoper dus minimale of selfs geen skade kan bewys nie.

image_pdfSave as PDF