Waar kan ‘n verbruiker kla?

< Back
You are here:
Print

Dit gebeur heel dikwels dat ons almal uiterste frustrasies ervaar met diensverskaffers en dat die eisbedrag nie werklik litigasie regverdig nie. Ons verwys dan ook talle kliënte na die Hof vir Kleineise waar natuurlike persone hul eise vir minder as R3 000-00 kan instel sonder prokureurskostes en met die hulp van die Klerk van die Hof by u plaaslike landdroskantoor.

Afgesien daarvan is daar verskeie ander instellings by wie verbruikers direk kan gaan kla, welke instellings óf van Owerheidsweë daargestel is, óf deur sekere beroepsgroepe of diensverskaffersliggame. Hierdie liggame het nie dieselfde bevoegdhede as ‘n hof nie, maar is heel dikwels effektief as ‘n middelman om probleme uit te skakel tussen die verbruiker en die diensverskaffer.

Hier volg ‘n lys:

1. Tyddeel Instituut 021-9145210

2. Openbare Beskermer 012-3222915

3. Ombudsman vir Korttermynversekering 011-7268900

4. Ombudsman vir Lewensversekering 021-6740330

5. Die Raad op Eiendomsagente 011-8837700

6. Die Verbruikersake Komitee te Pretoria 012-3109579

7. Die Meester Bouervereniging 011-8056688

8. Die Raad op Finansiële Dienste 012-4288000

9. Mikro Uitleners 011-6474400

10. Die Bankberegtiger 011-8380035

11. Owerheid vir Advertensie Standaarde 011-7812006

12. Gautengse kantoor vir Verbruikersake 011-3558008

Ons vertrou dat hierdie inligting dalk een of ander tyd vir u tot nut kan wees.

Igna Klynsmith

image_pdfSave as PDF