Uitklaringsertifikate – hoeveel kan die munisipaliteit verhaal?

< Back
You are here:
Print

In terme van artikel 118(1) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 32 van 2000 kan ‘n munisipaliteit met ‘n uitklaringsertifikaat alle belastings en diensgelde verskuldig ten opsigte van die spesifieke eiendom verhaal vir “die twee jaar wat die datum van aansoek om die sertifikaat voorafgaan”.

In die saak van Real People Housing v City of Cape Town het eersvermelde ‘n aansoek gebring om die Munisipaliteit te verplig om ‘n sertifikaat uit te reik vir ‘n bedrag wat alle bedrae ouer as twee jaar sou uitsluit.

Die munisipaliteit se teenargument was dat hulle ingevolge die betrokke Munisipale Ordonnansies geregtig was om alle betalings ontvang eerstens te allokeer ten opsigte van die skuld ouer as twee jaar: ten einde die laaste twee jaar se skuld te kan betaal moes Real People Housing eers al die ou skuld delg.

Na analise van die agtergrond en bedoeling van die Wet kom die hof egter tot die gevolgtrekking dat die argument van Real People Housing die korrekte een is en gelas die Munisipaliteit om inderdaad die ou skuld af te trek van die uitklaringsyfer.

Dit is dus goeie nuus vir verkopers.  Onthou egter dat die munisipaliteit nog steeds die reg het om die verkoper sivielregtelik te dagvaar vir die balans.

image_pdfSave as PDF