Hoe werk voogdyskap in die geval van egskeidings?

< Back
You are here:
Print

Beide die kind se ouers is en bly na egskeiding sy voogde met gelyke regte as voogde, en die egskeiding doen geen afbreuk aan hierdie toedrag van sake nie.

Die Hof het ‘n diskresie om by egskeiding, in ‘n gepaste geval, uitsluitlike voogdyskap met betrekking tot kinders uit die huwelik gebore aan slegs een van die ouers toe te ken, en aanvullend daartoe selfs te gelas dat by afsterwe van daardie ouer, hy of sy ‘n plaasvervangende voog ter uitsluitling van of gesamentlik met die oorlewende ouer mag aanwys. Dit kan geskied kragtens artikel 6(3) van die Wet op Egskeiding, Wet 70 van 1979.

Na egskeiding, by gebreke aan enige bestaande bevel soos bedoel in 2.2 hierbo, het die Hof voorts die bevoegdheid om, kragtens artikel 5(1) van die Wet op Huweliksaangeleenthede, ‘n wesenlik soortgelyke bevel as in 2.2 uiteengesit te maak.

Die ouer aan wie uitsluitlike voogdyskap toegeken is kragtens hetsy ‘n bevel soos bedoel in 2.2 of 2.3 hierbo, kan kragtens artikel 5(3)(a) van die Wet op Huweliksaangeleenthede ‘n persoon testamentêr tot enigste voog oor die kind benoem.

Die Meester moet dan aan daardie benoemde voog ‘n voogdybrief uitreik kragtens artikel 72(1)(a)(iii) van die Boedelwet.

image_pdfSave as PDF