Ek is geskei. Kan ek voogde benoem tot uitsluiting van my voormalige gade?

< Back
You are here:
Print

Die erflater se bekommernis in so ‘n geval is normaalweg dat die langslewende gade nie behoorlik na sy of haar kinders sal omsien nie en hulle ook nie as erfgename in sy of haar testament sal benoem nie.

Ten einde hierdie probleem aan te spreek is daar ongelukkig nie ‘n eenvoudige oplossing nie, maar kan verskeie opsies oorweeg word.

Een is om maar die langslewende te vertrou en te aanvaar dat sy of hy op grond van ‘n morele plig wel vir die kinders sal sorg en vir hulle in ‘n testament voorsiening sal maak. Dit bied egter nie altyd gerusstelling vir die boedelbeplanner nie.

‘n Verdere opsie sou wees om u boedel tussen die langslewende en die kinders te verdeel, deur byvoorbeeld die helfte van u boedel aan die kinders te bemaak in gelyke dele en die ander helfte aan die langslewende.

Nog ‘n opsie sou wees om die boedel aan die kinders te bemaak onderhewig aan ‘n vruggebruik ten gunste van die langslewende. Alternatiewelik kan alles ook aan ‘n trust bemaak word waarvan die langslewende en die kinders gesamentlike begunstigdes is en waarvoor dan ook ‘n onafhanklike buitestander as trustee benoem word.

Elkeen van hierdie alternatiewe kan egter kopsere veroorsaak en dit is dus belangrik dat daar in dié verband behoorlike beplanning gedoen moet word om die mees geskikste een te kies vir u spesifieke situasie.

U kan ‘n testamentinstruksievel aflaai en per epos vir ons stuur: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

image_pdfSave as PDF