Aanspreeklikheid van Onderwyser Afrigters

< Back
You are here:
Print

1.1. Onderwyser-afrigters behoort genoegsaam ingelig word oor die moontlikheid dat hulle aanspreeklikheid kan opdoen in die geval van beserings aan leerders tydens die beoefening van skoolsport.

1.2. In watter mate en in watter omstandighede  kan onderwyser-afrigters, aanspreeklik gehou word vir besering opgedoen deur speler in die beoefening en afrigting van sport aktiwiteite.

1.3. Daar rus sekere verantwoordelikhede op onderwyser-afrigters wat ontstaan uit die blote feit dat hulle afrig en sodoende in ‘n gesags- en verantwoordelikheidsposisie teenoor leerlinge staan.

1.4. Die beskerming van die leerder se fundamentele regte ingevolge Artikel 28(2) van die Grondwet plaas verpligtinge op persone wat by die afrigting van skoolsport om sportbeserings redelikerwys te voorsien.

1.5. As gevolg van die feit dat mense nou meer bewus is van hulle regte en die toenemende neiging om te dagvaar  moet daar meer aandag geskenk word aan die aanspreeklikheid van die onderwyser-afrigter in die vervulling van sy verskillende rolle, naamlik sy rol as afrigter, organiseerder, skeidsregter en Beampte.

1.6. Onderwyser-afrigters dra die verantwoordelikheid dra om redelikerwys te verseker dat die leerders onder hulletoesig hulle spesifieke sportsoort in veilige omstandighede kan beoefen.

1.7. Onderwyser-afrigter kan aanspreeklik gehou kan word vir die beserings van leerders in die geval waar hulle wel beserings tydens die beoefening van skoolsport opdoen, indien die gemeenregtelike delikselemente teenwoordig is.

• Handeling: ‘n Daad of ‘n late
• Onregmatigheid
• Skuld
• Kousaliteit
• Skade

2. TOEPASSING BINNE KONTEKS VAN SPORT AFRIGTING:

2.1. Handeling: ‘n Daad of ‘n late

2.1.1. Handeling is  ‘n willekeurige menslike doen of late.

2.1.2. Aanspreeklikheid weens ‘n late is in die algemeen meer beperk as aanspreeklikheid weens ‘n positiewe optrede.

2.1.3. Afrigters wat nalaat om hul spelers voldoende in te lig oor die risiko’s verbonde aan die beoefening van die betrokke sportsoort, of nalaat om hulle ten opsigte van die regte tegniese uitvoering af te rig, wat die risiko van beserings sou kon beperk, kan aanspreeklikheid opdoen.

2.2. Onregmatigheid

2.2.1. ‘n Handeling wat nadeel veroorsaak, moet ten minste ook op ‘n onregmatige wyse veroorsaak word, met ander woorde op ‘n regtens ongeoorloofde of onredelike wyse, voordat aanspreeklikheid kan volg.

2.2.2. Die basiese toets vir onregmatigheid is die regsopvatting van die gemeenskap (boni mores).

2.2.3. ‘n Alternatiewe toets vir onregmatigheid wat hier van belang is, is of daar ‘n verbreking van ‘n regsplig was.

2.2.4. ‘n Regsplig in die onderwyser-afrigter se betrokkenheid by leerders behels die bestaan van ‘n versorgingsplig tydens die beoefening van skoolsport. Die nie nakoming van hierdie regsplig kan onregmatigheid meebring.

2.2.5. Die bestaan van ‘n besondere verhouding tussen die onderwyser en die leerder vorm die basis vir die bestaan van ‘n regsplig. In die geval van die onderwyser is die regsplig ‘n versorgingsplig, en sal daar altyd ‘n versorgingsplig op die onderwyser rus in die geval waar die onderwyser beheer uitoefen oor die leerders.

2.2.6. Daar moet dus bewys word dat daar ‘n spesiale verhouding tussen die onderwyser en leerling bestaan het en dat daar ‘n versorgingsplig uit sodanige verhouding voortgevloei het. Tweedens moet die beseerde (eiser) bewys dat die onderwyser, in die uitoefening van sy versorgingsplig, nie die vereiste standaard van versorging toegepas het nie.

2.2.7. Gevolglik moet onderwyser soveel sorg teenoor die leerder aan die dag lê as wat ‘n redelike ouer in soortgelyke omstandighede sou.

2.2.8. Indien hierdie beginsel in sportverband toegepas word, waar onderwyser-afrigters hul versorgingsplig in die sportarena moet nakom, kan daar opgemerk word dat die hof ondersoek sal instel daarna of die onderwyser-afrigter redelike stappe gedoen het om die sportdeelnemers onder sy toesig te weerhou van beserings.

2.2.9. Dit behels egter nie, dat die onderwyser-afrigter konstant die leerders teen elke risiko tydens die beoefening van die sportsoort moet beskerm nie. Die onderwyser kom sy versorgingsplig voldoende na indien hy die deelnemers behoorlik inlig oor gevare, en ook groepe en apparate so bestuur dat die risiko beperk of uitgeskakel word.

2.2.10. Waar jong kinders betrokke is, rus daar ‘n hoër standaard van sorg op ‘n Onderwyser.

2.2.11. Slegs redelike toesighouding en sorg word verwag aangesien ‘n onderwyser-afrigter nie aanspreeklik gehou kan word indien ‘n besering steeds sou plaasvind ten spyte van die feit dat die onderwyser-afrigter teenwoordig was en redelik opgetree het nie. Die rede hiervoor is dat die optrede van kinders nie altyd voorspel kan word nie.

2.2.12. By die deelname aan sport kan daar normaalweg aanvaar word dat die deelnemers die inherente risiko’s verbonde aan die sport aanvaar het (volenti non fit iniuria), met ander woorde toestemming verleen het. Een van die vereistes vir regsgeldige toestemming is dat die toestemmende persoon wilsbevoeg moet wees.

2.2.13. Afrigtingsaktiwiteite wat waarskynlik binne die versorgingsplig val, sluit in:

2.2.13.1. behoorlike toesighouding om beskerming teen ongelukke en beserings te verseker;

2.2.13.2. behoorlike voorligting met betrekking tot spelreëls en potensiële gevare;

2.2.13.3. doen van gepaste stappe na die besering van ‘n deelnemer; en

2.2.13.4. versekering dat omgewingsoorwegings nie ‘n bedreiging van besering vir die deelnemers inhou nie.

2.3. Skuld

2.3.1. Twee verskyningsvorme opset en nalatigheid.

2.3.2. By nalatigheid word ‘n persoon verwyt vir sy onagsaamheid, onsorgvuldigheid of onversigtigheid omdat hy, deur onvoldoende ag te slaan op dit wat hy doen, nie voldoen aan die standaard van versigtigheid wat regtens van hom verlang word nie.

2.3.3. ‘n Persoon is nalatig  indien sy optrede nie aan die standaard van sorg wat regtens van hom verwag word, voldoen nie.
2.3.4. Die algemene maatstaf wat in die Suid-Afrikaanse deliktereg gebruik word om nalatigheid te bepaal, is die objektiewe standaard van die redelike persoon.

2.3.5. In die spesifieke omstandighede van onderwyser-afrigters is dit egter eerder gepas om die toets van die redelike deskundige as standaard te gebruik, aangesien die proses van afrigting as ‘n deskundige aktiwiteit beskou word.

2.3.6. Daar behoort wel steeds ‘n element van redelikheid te bestaan, en die standaard behoort dus nie dié van die hoogste mate van kundigheid in die betrokke rol as afrigter te wees nie. Daar word dus nie verwag dat die onderwyser-afrigter oor dieselfde kundigheid behoort te beskik as wat van ‘n professionele afrigter op provinsiale of nasionale vlak verwag kan word nie.

2.3.7. In skolesportafrigting sal die imperitia-reël wel toegepas kan word wanneer ‘n onderwyser-afrigter hom of haar begeef op ‘n terrein waar sekere spesifieke deskundigheid vereis word, wel wetende dat hy of sy nie oor genoegsame kennis, vaardigheid of ervaring beskik nie of waar daar redelikerwys van hom of haar verwag kan word om bewus te wees daarvan dat hy of sy nie oor die nodige kennis, vaardigheid of ervaring beskik nie.

2.3.8. In die skoolkonteks is groot omsigtigheid dus nodig by die skoolhoof en sportbestuurders in die toedeling van take in sportafrigting. Onervare, swakker gekwalifiseerde en minder kundige opvoeders mag nie in die posisie geplaas word waar hulle, volgens opdrag, bo hulle vermoëns moet afrig nie.

2.4. Kousaliteit

2.4.1. Daar moet voorts bewys word dat die dader die skade veroorsaak het.

2.4.2. Toegepas op afrigting in skole kan dit gestel word dat die onderwyser-afrigter aanspreeklik gehou kan word vir ‘n versuim om positief op te tree waar daar van die onderwyser-afrigter verwag kan word om die besering van ‘n leerder te voorkom deur by die kousale verloop van gebeure in te gryp.

2.4.3. Die nie-beskikbaarstelling in hoërisikosportsoorte van beskikbare beskermende toerusting of veiligheidsmatte wat ernstige beserings kan verhoed, is ‘n voorbeeld hiervan.

2.5. Skade

2.5.1. Impliseer dat daar die een of ander nadeel moet wees waarvoor die reg vergoeding beskikbaar stel.
2.5.2. Die tipe skadevergoeding wat in die geval van beserings tydens skoolsport geëis sal word, kan onderverdeel word in vermoë- en nie-vermoënskade. In die geval van ernstige beserings sal vermoënskade mediese uitgawes asook verlies aan inkomste en verlies aan verdienvermoë insluit.

2.5.3. In die geval van nie-vermoënskade kan eise met die oog op kompensasie ingestel word vir pyn en lyding, misvorming, verlies aan algemene gesondheid, verlies aan lewensgenietinge, verkorte lewensverwagting en emosionele skok deur gebruik te maak van die aksie weens pyn en lyding.

3. BEHEERLIGGAAM  AANSPREEKLIKHEID

3.1. Kragtens artikel 15 van die Skolewet is ‘n openbare skool ‘n regspersoon wat beskik oor die regsbevoegdheid om sy funksies te verrig. Artikel 16 bepaal dat die funksionaris van sodanige openbare skool die beheerliggaam is wat hul funksies en verpligtinge ingevolge die Skolewet moet uitoefen.

3.2. Artikel 20 bepaal die basiese funksies van die beheerliggaam van ‘n skool, wat behels die instandhoudings-, ondersteunings- en verbeteringsfunksie van die beheerliggaam.

3.3. Artikel 21 behels bykomstige funksies van ‘n beheerliggaam wat slegs van toepassing is op die openbare skole wat aansoek gedoen het daarvoor. Hierdie funksies sluit in die instandhouding van die skoolgeboue en -eiendom asook die bepaling van welke sportaktiwiteite by die skoolaangebied sal word.

3.4. Die beheerliggaam het gevolglik ‘n mate van aanspreeklikheid wat opgedoen kan word indien ‘n leerder beseer word as gevolg van die versuim van die beheerliggaam om hul funksies en verpligtinge na te kom.

3.5. Artikel 60 van die Skolewet is waarskynlik die belangrikste artikel wanneer aanspreeklikheid vir leerders se beserings ter sprake kom.

3.6. Artikel 60 bepaal dat die Staat aanspreeklik is vir enige skade of verlies wat voortspruit uit enige optrede of late in verband met enige skoolaktiwiteit deur ‘n openbare skool uitgevoer  en waarvoor sodanige openbare skool aanspreeklik sou gewees het indien artikel 60 nie in werking was nie.

3.7. MEC for Education and Culture, Free State v Louw. Die basiese vraag voor die hof was of die Staat aanspreeklik gehou kan word vir skade wat deur die nalatige optrede van ‘n werknemer van die skool veroorsaak is; dus ‘n persoon wat nie in diens van die Staat was nie.

3.8. Die Hoogste Hof van Appèl het die appèl van die LUR verwerp deur te bepaal dat die feit dat dit ‘n werknemer van die skool was, nie die Staat se aanspreeklikheid wegneem nie. Die aanspreeklikheid het nie primêr te make met kontraktuele verpligtinge van die skool kragtens art. 20(4) en (5) van die Skolewet nie, maar eerder met die feit dat die insident tydens ‘n skoolaktiwiteit plaasgevind het.

4. GEVOLGTREKKING EN AANBEVELING

4.1. Die verantwoordelikheid van die onderwyser hou in dat die leerders onder hulle toesig hulle spesifieke sportsoort in veilige omstandighede moet kan beoefen.

4.2. Hierdie verantwoordelikheid ontstaan vanuit die versorgingsplig van die onderwyser-afrigter teenoor die leerder. Die onderwyser is in ‘n besondere posisie om beheer uit te oefen oor die leerder en gevolglik rus daar ‘n versorgingsplig op die onderwyser om sy gespesialiseerde vermoë en professionele oordeel te gebruik om die leerder binne redelike perke te beskerm.

4.3. Hieruit is dit duidelik dat dit belangrik is dat die onderwyser-afrigter oor genoegsame kennis en vaardighede moet beskik om die leerders veilig aan die betrokke skoolsport te laat deelneem.

4.4. Die nakoming van die versorgingsplig moet getoets word deur vas te stel of die redelike deskundige, in die posisie van die onderwyser-afrigter, die skade sou voorsien, en indien wel, redelike stappe sou gedoen het om die skade te voorkom.

4.5. Die onderwyser-afrigter kom sy versorgingsplig voldoende na indien hy die deelnemers behoorlik inlig oor gevare, en ook deelnemende groepe en apparaat so bestuur dat die risiko beperk of uitgeskakel word.

4.6. Vir die bestuur van ‘n skool, wat hoofsaaklik in die skoolhoof gesetel is, is daar die belangrike aanbeveling dat geen afrigtingsverpligting bo sy vlak van afrigterskwalifikasie of ervaring aan enige onderwyser opgedra behoort te word nie, veral nie waar deskundigheid ten opsigte van korrekte tegniek vereis word nie.

5. VOORBEELDE

5.1. In Lubbe v Jacobs2 word gerapporteer oor ‘n graad 7-leerling wat ernstige gesigbeserings weens ‘n opslaghokkiebal opgedoen het. Die leerder se ouers het aangevoer dat die afrigter aanspreeklik gehou moet word, aangesien sy nie die leerder genoegsaam ingelig het oor die risiko’s wat aan die spesifieke spel verbonde is nie, wat ook ‘n risiko vir die toeskouers rondom die veld insluit. Die hof het in die guns van die skool en opvoeder beslis op grond van die feit dat die leerder oud genoeg was om bewus te wees van die risiko wat verbonde is aan beserings wat uit die betrokke spelfaset kan voortvloei.

5.2. Gauteng Education MEC v Roux Pretoria High Court Judge Nomsa Khumalo earlier today ordered the MEC to compensate Tony Roux, 21, for the damages he suffered when he was tackled by a teacher during rugby practice at Die Wilgers Hoërskool in the East of Pretoria in April 2008. She found that Roux’s teacher and rugby coach, Francois Posthumus, had been grossly negligent and unreasonable when he tackled the 13-year-old schoolboy without warning while he was getting up from a first “girly” tackle, in the process fracturing the boy’s left lower leg.

BERTIE GROBBELAAR

image_pdfSave as PDF