Waaruit word die boedelbelasting en boedelberedderingskostes betaal?

< Back
You are here:
Print

Waaruit word die boedelbelasting en boedelberedderingskostes betaal?

Situasie:

Piet besit ‘n plaas met ‘n waarde van R5 miljoen en kontant van R5 miljoen. Hy wil hê dat sy seun en sy dogter gelyk erf. Sy seun moet die plaas kry en sy dogter die kontant. Die testament bepaal inderdaad dat sy seun die plaas gaan erf en dat die restant na sy dogter toe gaan.

Advies:

Sy dogter gaan heelwat minder as R5 miljoen erf, aangesien alle boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting, inkomstebelasting, BTW, waar van toepassing, en ook die boedelberedderingskostes uit die restant van die boedel betaal moet word. Die testament behoort dus eerder te bepaal dat die voormelde belastings en kostes deur die erfgename in verhouding tot hulle erfporsies betaal moet word.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

 

image_pdfSave as PDF
Previous Wanneer kan ‘n eksekuteur van sy amp onthef word?
Next Egskeidingsbevele, onderhoudsbevele en boedelbeplanning
Table of Contents