Hoe word eiendomsagente ook nou betrek by die Wet op Hereregte?

< Back
You are here:
Print

Die Tweede Wysigingswet op Inkomstewette, Wet 34 van 2004 wat afgekondig is in die Staatskoerant van 24 Januarie 2005, brei die bepalings van die Wet op Hereregte ook uit na eiendomsagente.
Artikel 14 van die Gewysigde Wet op Hereregte vereis nou dat ‘n eiendomsagent ook ‘n opgawe in ‘n sekere vorm by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet indien binne ses maande vanaf die sluiting van ‘n transaksie waarby die betrokke agent betrokke is.  ‘n Nuwe Artikel 17B word ook tot die Hereregtewet toegevoeg wat handel met misdrywe en strawwe betreffende hereregte-ontduiking.
Dit is in die algemeen duidelik dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens die heffing van hereregte wil verskerp en ontduiking daarvan deur transaksies waar die volle vergoeding nie voluit geopenbaar word nie wil kortvat.
Dit is nog altyd oneties om transaksies te sluit waar ‘n gedeelte van die vergoeding wat verwissel word by die verhandeling van ‘n vaste eiendom nie geopenbaar word nie.  Dit is in dieselfde asem duidelik dat, in die toekoms, betrokkenes by hierdie tipe transaksies, wat eiendomsagente insluit, hulle toenemend gaan vasloop.

image_pdfSave as PDF
Previous Is a standard form contract of sale not completed throughly valid?
Next Eiendoms oordrag: Hoe lank behoort ‘n transport te neem om te registreer, 6 weke of 6 maande?
Table of Contents