Behoort ek my testament met my erfgename te bespreek?

< Back
You are here:
Print

Baie mense beskou ʼn testament as ʼn private aangeleentheid wat hulle nie met hulle familie en erfgename wil bespreek nie.

ʼn Ander benadering is om inderdaad oop kaarte te speel en die erfgename en familie voor te berei op hoe ʼn boedel verdeel gaan word. Ongelukkig ontstaan daar dikwels dispute tussen erfgename na ʼn geliefde afsterf. Die feit dat almal gewoonlik baie emosioneel is vererger uiteraard die situasie. ʼn Teleurgestelde of geskokte erfgenaam, wat verwag het om te erf of meer te erf, dra ook verder by tot die spanning.

Deur die familie en erfgename dus voor te berei op wat gaan gebeur deur inderdaad die testament te bespreek of afskrifte daarvan vir erfgename te gee kan hierdie probleem ten minste voorkom word.

Nog ʼn belangrike besluit is wie jy as eksekuteur van jou testament benoem.  Alhoewel daar kostevoordele daaraan verbonde kan wees om ʼn familielid soos ʼn gade, ʼn kind of ʼn ouer aan te stel, het dit ook sy voordele om ʼn onafhanklike eksekuteur soos byvoorbeeld ʼn prokureur te benoem.  Dit moet verkieslik ʼn prokureur wees wat in boedels spesialiseer. 

So ʼn prokureur kan dan ook ʼn belangrike rol speel om potensiële spanning tussen die erfgename te ontlont.  In my ondervinding is veral die eerste vergadering met die erfgename baie belangrik, veral waar die oorledene inderdaad nie die testament met hulle bespreek het nie. 

Die benoeming van ʼn onafhanklike eksekuteur sal ook die agterdog uit die weg ruim, wat daar dikwels teenoor die eksekuteur ontstaan waar een van die erfgename as eksekuteur benoem is.  Tydens die eerste vergadering en ook by verdere samesprekinge, indien nodig, kan ʼn ervare eksekuteur ʼn groot verskil maak om te sorg dat die boedel sonder onnodige emosies tot almal se voordeel so gou as moontlik afgehandel word.

Volker Krüger

U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet

 

image_pdfSave as PDF
Previous Behoort ek nou ‘n familie trust te registreer of eerder gebruik te maak van ‘n testamentêre trust?
Next Is a contract of sale signed by a trustee acting without authority valid?
Table of Contents