Wat is ‘n domicilium adres?

< Back
You are here:
Print

Wanneer partye tot ‘n kontrak versuim om te presteer sal die ander party normaalweg stappe wil neem om die kontrak af te dwing of te kanselleer. Gewoonlik sal die kontrak bepaal dat ‘n party eers ‘n kennisgewing aan die ander party moet gee voordat die kontrak gekanselleer kan word. Ook moet daar ‘n hofprosesstuk beteken word sodat ‘n hofbevel bekom kan word om die kansellasie te bevestig.

Wat nou as die skuldige party nie opgespoor kan word nie?

Ten einde hierdie probleem te oorkom sal ‘n kontrak normaalweg ‘n domicilium citandi et executandi vir elke party bevat. Dit is ‘n Latynse term wat letterlik ‘n “huis vir betekening en onderhoud” beteken. Die effek daarvan is dat die betekening van ‘n kennisgewing of ‘n hofprosesstuk by die gekose adres geag sal word behoorlik beteken te wees vir doeleindes van die afdwing van regte ingevolge die kontrak. Dit is dus belangrik om die korrekte adres in die kontrak te kies en ook te verander, indien van toepassing.

Volker Krüger

image_pdfSave as PDF