Wat is ‘n administrasiebevel?

< Back
You are here:
Print

Dit is ‘n hofbevel ingevolge waarvan ‘n skuldenaar gelas word om maandeliks ‘n sekere paaiement aan ‘n administrateur, gewoonlik ‘n prokureur, te betaal, wie dit dan onder al die skuldeisers van daardie skuldenaar verdeel totdat die volle balans, insluitende rente en regskostes ten opsigte van elke skuldeiser gedelg is.

‘n Skuldenaar kan slegs so ‘n aansoek bring waar sy totale skulde nie R50 000 oorskry.

Die grootste voordeel vir die skuldenaar is dat die administrasiebevel skuldeisers belet om enige verder eksekusiestappe teen die skuldenaar te neem. Hulle moet dus geduldig wat vir die adminstrateur se verdelings.

Geen skulde word egter deur die bevel afgeskryf nie, soos by ‘n insolvensieproses. Die skuldenaar moet nog steeds die volle kapitaal plus rente en koste opsigte van elke skuldeiser betaal.

image_pdfSave as PDF