Is die vader ook ‘n voog van ‘n buite-egtelike kind?

< Back
You are here:
Print

As die moeder self minderjarig is, berus die voogdy met betrekking tot haar kind by die moeder se voog. Dit word bepaal deur artikel 3(1)(a) van die Wet op die Status van Kinders, Wet 82 van 1987. 3.2

As die moeder meerderjarig is of meerderjarigheid verwerf na geboorte van die kind (hetsy deur die meerderjarigheidsouderdom te bereik, deur huweliksluiting of kragtens ‘n bevel verleen ingevolge die Wet op die Meerderjarigheidsouderdom, Wet 57 van 1992), berus voogdyskap met betrekking tot die kind by die moeder, tensy ‘n Hof anders gelas.

Die biologiese vader kan aansoek doen by die Hof om voogdyskap met betrekking tot die kind verleen te word, en die Hof kan dit in ‘n gepaste geval verleen op sterkte van die bepalings van artikel 2 van die Wet op Natuurlike Vaders van Buite-egtelike kinders, Wet 86 van 1997. So ‘n bevel kan selfs uitsluitlike voogdyskap met betrekking tot die kind aan die biologiese vader verleen – vergelyk artikel 2(6) van laasgenoemde Wet.

As die moeder en biologiese vader van die kind te enige tyd nà die kind se geboorte sou trou, word die kind vanweë die huwelik vir alle praktiese doeleindes ‘n binne-egtelike kind en geld die posisie soos in 1 hierbò uiteengesit.

image_pdfSave as PDF