Is agentekommissie voorgeskryf of slegs ‘n riglyn, m.a.w. mag die agent meer vra as wat voorgeskryf word? Kan dit ‘n kontrak ongeldig maak?

< Back
You are here:
Print

Daar is in ons reg geen kommissie persentasie voorgeskryf nie. ‘n Kommissie-eis is altyd op ‘n kontrak gebaseer en is die eerste vraag altyd op watter persentasie of kommissie bedrag die partye ooreengekom het? Hierdie vrae kan natuurlik maklik beantwoord word waar dit in die koopkontrak of in ‘n skriftelike mandaat gestipuleer is.

Waar dit egter nie op skrif gestel is nie sal die volgende vraag wees of die partye mondelings op ‘n kommissie persentasie of bedrag ooreengekom het. Indien hulle nie uitdruklik ooreengekom het nie word dit vermoed dat die partye op die gebruiklike kommissie persentasie vir die area (bv. 7,5%) ooreengekom het.

Dit is verder belangrik om te verstaan dat die kommissie-ooreenkoms en enige dispute wat daar tussen die agent en die verkoper mag wees in dié verband nie as sulks die geldigheid van die koopkontrak tussen die verkoper en die koper raak nie. Solank al die geldigheidsvereistes tussen die verkoper en die koper nagekom is sal die kontrak nog steeds afdwingbaar wees.

image_pdfSave as PDF