Wie behoort ek as voogde vir my minderjarige kinders te benoem?

< Back
You are here:
Print

Die meeste erflaters benoem hulle ouers, ‘n broer, ‘n suster òf vriende as voogde.  Wat ouers aanbetref is hulle ouderdom uiteraard normaalweg ‘n belangrike oorweging.

Die voogde is die persone waar die kinders gaan groot word en wie belangrike besluite, wat die kinders raak, moet neem soos byvoorbeeld watter skool die kinders moet bywoon.

Die voogde moet onderskei word van die trustees wat weer die trustbates moet bestuur en die inkomste en indien nodig die kapitaal daarvan moet aanwend tot voordeel van die kinders. Hulle moet ook die fondse aan die voogde tot voordeel van die kinders beskikbaar stel. Die voogde kan dieselfde persone wees as die trustees, maar hoef nie. Soms sal ‘n erflater iemand wat goed met finansiële bestuur is as trustee benoem en ‘n ander persoon, wat behoorlik na die kinders se daaglikse behoeftes sal omsien, as voogde.

Uiteindelik is dit ‘n persoonlike keuse wat elke erflater self moet uitoefen.

U kan ons testament instruksievel hier aflaai, invul en epos: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheett

image_pdfSave as PDF
Previous Kan ‘n gade nog die voordeel van ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere geniet indien ‘n egskeidingsaksie aanhangig gemaak was voor datum van dood?
Next I am divorced. Can I appoint guardians for my minor children thereby excluding my former spouse?
Table of Contents