Wat is ‘n vrywillige distribusie?

< Back
You are here:
Print

By ‘n vrywillige distribusie kontak ‘n skuldenaar self of deur middel van sy prokureur alle skuldeisers en probeer hulle te oorreed om ‘n sekere verminderde bedrag te aanvaar in volle en finale vereffening om die aangeleentheid af te handel en veral om ‘n sekwestrasie van die skuldenaar te voorkom.

Die argument word gewoonlik gebruik dat ‘n sekwestrasie net addisionele kostes veroorsaak, met die gevolg dat daar nog minder vir distribusie aan skuldeisers sal oorbly.

So ‘n vrywillige distribusie sal slegs suksesvol wees indien alle skuldeisers hulle toestemming daartoe verleen. As ‘n skuldeiser weier, kan hy nie gedwing word om sy samewerking te gee nie.

image_pdfSave as PDF
Previous Watter regstappe kan geneem word om skulde te vorder?
Next Wat is ‘n administrasiebevel?
Table of Contents