Hoe word ‘n patent geregistreer?

< Back
You are here:
Print

Heel dikwels hoor ons van iemand wat graag sy “uitvinding” wil patenteer en wat drome droom van groot rykdom. Groot is die teleurstelling dan as daar vasgestel word dat die betrokke “uitvinding” of “model” reeds lankal gepatenteer is. Ek het gedink dit mag dalk interessant wees om so ietsie meer oor patente met u te deel.

‘n Patent is ‘n monopolie wat deur die Staat aan die uitvinder van ‘n nuwe uitvinding verleen word om vir ‘n vasgestelde tydperk ander persone uit te sluit van die vervaardiging, gebruik, verkoop en invoer van die uitvinding sodat die uitvinder dus al die wins en voordeel mag verkry en geniet.

Dit is interessant dat die uitvinding na afloop van die patent se leeftyd deel word van openbare besit en staan dit dan enige persoon vry om die uitvinding te gebruik. Op hierdie wyse dra ‘n patent dus by tot die vooruitgang van die nywerheid of tegnologie in ‘n land.

Die vraag is “Aan watter vereistes moet ‘n uitvinding voldoen om patenteerbaar te wees?”

Daar is basies drie vereistes:

Die belangrikste is dat die uitvinding “nuut” moet wees. Dit beteken nuut in die wydste moontlike sin. In effek beteken dit dat niemand mag al ooit op enige wyse hoegenaamd iets soortgelyk elders in die wêreld aan die publiek bekend gemaak het nie.

Die tweede vereiste is dat die uitvinding op ‘n vindingryke handeling gebaseer moet wees. M.a.w. die uitvinding moet nie voor-die-hand-liggend wees vir mense wat in die veld van die besondere tegnologie waarop die uitvinding van toepassing is, werksaam is nie.

Die derde vereiste is dat die uitvinding in die handel, nywerheid of landbou aangewend of toegepas moet kan word. Heel dikwels faal die voorgenoemde patent hier aangesien baie uitvindings nutteloos blyk te wees. ‘n Belangrike vereiste is dat daar ‘n nut vir die uitvinding moet wees.

As ons aanvaar dat ons uitvinding nuut is, dat dit op ‘n vindingryke handeling berus en dat dit nut het vir die handel, nywerheid of landbou, is dit natuurlik belangrik om hierdie uitvinding te beskerm sodat ander mense nie met ons kalwers ploeg nie. Die eerste stap in die patente-prosedure is om ‘n voorlopige patent-aansoek in te dien by die Suid-Afrikaanse Patentkantoor. Totdat so ‘n aansoek op lêer is by die Patentkantoor, is dit belangrik dat u streng geheimhouding moet hou aangesien enige openbaarmaking van die uitvinding voor die patent-aansoek daartoe mag lei dat die uitvinding nie meer nuut is nie en gevolglik ook nie meer patenteerbaar nie.

Die voorlopige aansoek bestaan uit ‘n aantal voorgeskrewe vorms wat u self met die hulp van die Patente-kantoor kan voltooi en bestaan daar ook maatskappye wat uitvinders in diens neem en hulle help met hierdie aansoek wat dikwels insluit dat hulle eers die bestaande tegnologie verbeter saam met die uitvinder. ‘n Voorlopige patent-spesifikasie wat die uitvinding beskryf, vergesel ook die voorlopige aansoek. U uitvinding is nou veilig aangesien geen ander persoon dan ‘n geldige patent vir dieselfde uitvinding kan verkry nie, kan die publiek maar daarvan weet en kan u nou voortgaan om die mark te beproef voordat u ‘n volledige patent-aansoek indien. ‘n Volledige patent-aansoek moet binne twaalf maande na die voorlopige aansoek ingedien word by die Patente-kantoor in Suid-Afrika of by enige ander Patent-kantoor in die wêreld waar u patent-beskerming verlang. Die volledige aansoek is egter ‘n baie tegniese aansoek en slegs patent-prokureurs met spesifieke kwalifikasies word in Suid-Afrika toegelaat om dit in te dien. Die kuns van patent-reg lê reeds daarin om die aansprake so te formuleer dat dit geldig is,

KOM SIEN ONS GERUS MET U VOLGENDE NUWE UITVINDING!

image_pdfSave as PDF
Next Why register a trade mark?
Table of Contents